Sqrindle
Jagters van Zarsjata

Fiction & Literature

Jagters van Zarsjata

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - JAGTERS VAN ZARSJATA

In hierdie vierde verhaal van die Oerwoudvalk reeks is die Valk en ’n geselskap blankes, wat hy probeer red het in die derde verhaal, steeds in die Oervallei.  Die rede is omdat hulle op soek is na Mimi Loloberg, eertydse rolprentster, wat hulle vermoed deur die Sjaloks van Zarsjata ontvoer is.  Dit pas voordat hulle ’n daadwerklike poging sou aanwend om uit die verskriklike vallei te probeer ontsnap.

Intussen daag daar ’n bende rampokkers in ’n helikopter uit die buitewêreld op, want hulle het nuus gekry oor blink klippies wat blykbaar volop is in hierdie tropiese Oervallei.  Die diamante sal hulle oornag miljoenêrs kan maak in die moderne wêreld.  Baie gou bots hulle egter met die verskillende oerstamme wat in die vallei voorkom.

Nie lank nie of die Valk is ook bewus van die nuwe gevaar wat dreig om hom en sy mede blankes te probeer vernietig.  Asof dit nie reeds erg genoeg is nie, moet die Valk ook nog probeer om vir Mimi Loloberg uit die hande van die Sjaloks te probeer red en weer vrede te probeer skep tussen al die oerstamme in die Oervallei.  Dit is ’n reuse taak wat op die Oerwoudman se skouers rus.  In die proses moet die Valk kragte meet met een van die oervallei se kragtigste oermanne en ook ontsnap van ’n reuse oerdier se verwoede stormloop en dit is maar net van die Valk se opwindende avonture in die verlore Oervallei.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    17 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.

Also by same author:

View All