Sqrindle
1. Oerwoudvalk Omnibus - 3 Eboeke

Fiction & Literature

1. Oerwoudvalk Omnibus - 3 Eboeke

Summary

Hierdie boksstel volg die Oerwoudvalk terwyl hy 'n verlore stad van 'n tiran bevry, 'n kontinentale opstand keer en oorlewendes red uit 'n prehistoriese vallei vol dinosourusse en barbare.

Price

USD $9.99

Card

1. OERWOUDVALK OMNIBUS VAN 3 EBOEKE

Die reeks volg die avonture van die Oerwoudvalk, 'n primitiewe held wat met sy boog en mes die geheime van Afrika se verlore wêrelde ontrafel en mense teen oeroue gediertes sowel as moderne skurke beskerm.

1. Goudstad van Skeba
In hierdie eerste verhaal maak u kennis met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk. Gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van ’n volkekunde professor, sy dogter, ’n man en sy vrou en ’n student, wat in die hande val van Basan, ’n wrede en genadelose diktator. Basan is ’n hoëpriester wat gemuit het uit die Vallei van Skeba. Hy het sy eie ryk gestig en droom daagliks daarvan om die Koningin van Skeba se Vallei en stad weer binne te val en oor te neem.

2. Die Seekat
In hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba. Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet. Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met ’n valskerm. Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend. Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en ’n moeras vol wilde diere. Kort daarna sterf hy en hulle ontdek toe ’n dagboek by hom, wat die sleutel hou tot sy geheim. Die veiligheidspolisie roep eindelik die hulp van die Valk in om ondersoek te gaan instel. Met die hulp van ’n pigmeë stam gaan soek hy na die nes van die Seekat-organisasie.

3. Oervallei
In hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van ’n leeumannetjie. Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van ’n verlore vallei, oermense en diere en ook van ’n geselskap blankes wat daar vasgekeer is. Die nuus prikkel die Valk se belangstelling sodanig en hy besluit toe om dadelik na die verlore vallei in Afrika te gaan soek. Gewapen met net sy pyl-en-boog, ’n jagmes en ’n lendekleed van luiperdvel, pak hy sy soektog aan na die geheimnisvolle vallei, wat nog totaal onbekend is aan die samelewing. Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei, maar om dit te betree moet hy eers teen ’n steil kransmuur afdaal, wat die tropiese vallei heeltemal omring. Net daar verloor hy al byna sy lewe teen ’n vlieënde oerdier en dit is maar net die begin van een van die eienaardigste en spanningvolste ervarings wat die Valk nog beleef het.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    23 Jun 2025

    Andreas du Plessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Daar is byvoorbeeld sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas du Plessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die reeks is 'n opwindende terugkeer na klassieke pulp-avontuur, en stel 'n held bekend wat net so gemaklik sy sendeling vader se Bybel bespreek as wat hy reusagtige, mensvreterbobbejane met 'n pyl en boog beveg. Die verhaal speel af in 'n fantasievolle Afrika van verlore koninkryke, wrede kannibale en vergete oertydse volke, en die verhale versnel van een gevaarlike plot na die volgende, sonder om ooit asem te skep. Met sy eenvoudige, aksiebelaaide prosa en karakters groter as die lewe self, is hierdie reeks die perfekte leesstof vir enigeen wat na nostalgiese, hoë-oktaan-ontvlugting smag.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.