Sqrindle
Land van die Vampiere

Fiction & Literature

Land van die Vampiere

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - LAND VAN DIE VAMPIERE

In hierdie laaste verhaal vergesel die Oerwoudvalk ’n wêreldbekende ontdekkingsreisiger en wetenskaplike, asook ’n paar ander eskpedisielede.  Hulle is almal op soek na die Vampier jagters.  Dit is ’n lang verlore blanke stam, diep in die hartjie van die Amasone.  Kort op hulle hakke volg ’n skurk en sy trawante hulle in ’n ander motorboot.  Hulle is bewus is van die soektog, maar is net agter die goud aan, wat die verlore stam moontlik besit.

Skaars is die Valk en sy lede onderweg, of hulle word aangeval deur Indiane met dodelike gifpyltjies.  Die Rivier van die Dood wemel van priranhas en dit eis ook talle slagoffers wat daarin beland.  Hulle oorleef dit net-net, maar loop hulle dan kort daarna weer vas in Indiaan kopjagters.  Toe die nood op sy hoogste is, kry hulle redding uit ’n onverwagse oord, maar beland in die proses in die mag van die skurk wat hulle heeltyd agtervolg het.

Saam soek hulle verder na die Land van die Vampiere en net toe hulle dit bereik, word hulle daar deur die Vampier krygers gevange geneem.  Daar ontdek hulle tot hulle uiterste verbasing iemand wat al vir baie jare as vermis aangeteken is.  Hulle word toe voor die keuse gestel om vir ewig daar te bly of in die Tempel van die Vampiere geoffer te word.  Interessante verwikkelinge volg kort na mekaar en het die Valk sy hande behoorlik vol om almal deurentyd uit die gevaar te hou en betyds te probeer red...

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    17 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.

Also by same author:

View All