Sqrindle
Die Luiperdbende

Fiction & Literature

Die Luiperdbende

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - DIE LUIPERDBENDE

In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met die gevreesde Luiperdbende.  In opdrag van Kolonel Fleerackers, hoof van die Belgiese Veiligheidspolisie, word hy gevra om ondersoek te gaan instel na hulle bedrywighede en om dit te probeer vernietig.

Gou kom die Valk af op ’n plaas wat aangeval is deur die Luiperdbende.  Hy ondek toe dat hulle die plaasmense se dogter ontvoer het en maak dit toe sy taak om haar te gaan red, voor sy geoffer word aan die Luiperdgod.  In sy agtervolging kry die Oerwoudman onder andere te doen met ’n krokodil wat so byna byna sy lewe kos.  Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hy ook een van die natuur se gevaarlikste tropiese storms oorleef en dit is maar net die begin van al sy drama.

Die ontvoerde meisie se broer help later die Valk in sy soektog.  Net wanneer die Valk en die nuwe hulp uit ’n onverwagte oord, hom help om sy suster te red, draai die noodlot teen hulle en beland hulle almal weer in die Luiperdmanne se mag.  In die vesting van die Luiperdmanne kom die Valk weer aangesig tot aangesig met ’n ou bekende vyand van hom.  Daar word die Valk in ’n put gegooi saam met drie luiperds.  Gaan hy dit oorleef of is dit die einde van die Oerwoudman?  Lees gerus die opwindende verhaal en vind self uit.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    20 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.