Sqrindle
Oervallei

Fiction & Literature

Oervallei

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - OERVALLEI

In hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van ’n leeumannetjie.  Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van ’n verlore vallei, oermense en diere en ook van ’n geselskap blankes wat daar vasgekeer is.

Die nuus prikkel die Valk se belangstelling sodanig en hy besluit toe om dadelik na die verlore vallei in Afrika te gaan soek.  Gewapen met net sy pyl-en-boog, ’n jagmes en ’n lendekleed van luiperdvel, pak hy sy soektog aan na die geheimnisvolle vallei, wat nog totaal onbekend is aan die samelewing.

Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei, maar om dit te betree moet hy eers teen ’n steil kransmuur afdaal, wat die tropiese vallei heeltemal omring.  Net daar verloor hy al byna sy lewe teen ’n vlieënde oerdier en dit is maar net die begin van een van die eienaardigste en spanningvolste ervarings wat die Valk nog beleef het.

Op soek na die blanke toeriste wat ’n noodlanding in die vallei moes doen met hul vliegtuig, kry die Valk verder te doene met Dinosourusse en verskillende oermens stamme.  Gevaar dreig om elke hoek en draai en nie lank nie of die Valk verneem dat as mens jou self eers in hierdie verlore vallei bevind, jy nooit weer lewendig daaruit kom nie...

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    14 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.