Sqrindle
Sandbergh Beyers

Sandbergh Beyers

About Sandbergh Beyers

SANDBERGH BEYERS

Sandberhg Beyers het 'n uitstekende reeks van 13 boeke oor die Franse Legioen geskryf. Meiring Fouche wat kort na hom sy briljante Sahara Avontuur reeks geskryf het, het verseker sy boeke gelees, want van die storielyne wat Sandbergh Beyers geskryf het, kom ook in die Sahara Avontuur reeks van Meiring Fouche voor, alhoewel elk natuurlik hulle eie skryfstyl en unieke intriges in dieselfde trant van storie geskryf het. Beide skrywers se boeke oor die Sahara woestyn is en bly seker vandag nog die beste boeke wat ooit in Afrikaans die lig gesien het in die betrokke genre. As jy eers een van hulle boeke gelees het, weet dan dat jy nie sal rus voor jy die res ook almal verslind het nie.