Sqrindle
So Soet die Wraak

Fiction & Literature

So Soet die Wraak

Summary

As jy hou van stories vol aksie en drama wat afspeel in die magtige Sahara woestyn, waar Franse Vreemdelegioen soldate, forte en Arabiere betrokke is, dan is die verhaal uit die reeks van 13 stories net vir jou en sal jou ure se leesgenot besorg.

Price

USD $4.99

Card

SAHARA WOESTYN REEKS - SO SOET DIE WRAAK

Die Sahara woestyn is die wêreld se grootste, warm woestyn en beslaan ʼn oppervlakte van ongeveer 9 miljoen vierkante kilometer. Dit is omtrent dieselfde grootte as die Verenigde State van Amerika. Die Sahara is geleë in Noord-Afrika en die naam, “Sahara”, is ’n Westerse uitspraak van die Arabiese woord vir woestyn.

Die sandvlakte wat uit die fynste gesteente bestaan, maak net 20% van die totale oppervlakte uit. Naas die sandvlakte of sandwoestyn kom talle rotsagtige dele ook voor. Die grondoppervlak word partykeer so warm as 77°C, maar snags daal die temperature weer skerp, by sommige plekke selfs tot onder vriespunt. Hierdie groot uiterstes van temperature het daartoe bygedra dat die Sahara mettertyd ’n woestyn geword het. Die hitte van die dag laat die rotse uitsit, terwyl die skerp daling in temperatuur snags en die gedurige verdamping hulle laat kraak. Sterk winde is ook voortdurend besig om die rotsbrokkies teen mekaar te skuur en mettertyd tot sand te verpoeier. In ’n groot deel van die Sahara is water baie skaars, hoewel die bergagtige streke gereeld reën kry. Die ander dele kry net een keer elke twee tot vyf jaar reën. Die Sahara woestyn is dus nie net een see van sand nie, soos baie mense mag reken nie, (Wikipedia).

Ten spyte van die ongenaakbare wêreld vol gevare, het die Sahara woestyn ʼn bekoring vir baie mense. Dit is daarom nie verbasend dat baie stories en flieks gemaak word wat in die onherbergsame deel van die wêreld plaasvind nie. Hierdie Sahara woestyn reeks van Vreemdelegioen soldate se ervaringe in die magtige Sahara woestyn, uit die pen van Sandbergh Beyers, is dan ook geen uitsondering nie. Hy het dit reggekry om ʼn uitstekende reeks van 13 episodes te skryf en gaan die leser onder andere sy beskrywings van die Sahara woestyn en verder al die drama wat daarin plaasvind, geweldig geniet.

#SaharaWoestynReeks




  • Pieter Haasbroek
    31 Oct 2022

    Daar is bitter min bekend omtrent die skrywer Sandbergh Beyers. So ver vasgestel het hy ʼn Sahara reeks van dertien boeke geskryf oor die wedervaringe van ʼn klompie Vreemdelegioen soldate wat diens gedoen het in die Franse Vreemdelegioen in die snikhete Sahara woestyn. Geen verdere inligting is bekend omtrent die skrywer of ander boeke wat hy geskryf het nie. Ten spyte van die ongenaakbare wêreld vol gevare, het die Sahara woestyn ʼn bekoring vir baie mense. Dit is daarom nie verbasend dat baie stories en flieks gemaak word wat in die onherbergsame deel van die wêreld plaasvind nie. Hierdie Sahara woestyn reeks van Vreemdelegioen soldate se ervaringe in die magtige Sahara woestyn, uit die pen van Sandbergh Beyers, is dan ook geen uitsondering nie. Hy het dit reggekry om ʼn uitstekende reeks van dertien episodes te skryf en gaan die leser onder andere sy beskrywings van die Sahara woestyn en verder al die drama wat daarin plaasvind, geweldig geniet. Voorwaar ’n uitstekende reeks wat nie sal teleurstel nie.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.