Sqrindle
Wraak Trek oor die Sahara

Fiction & Literature

Wraak Trek oor die Sahara

Summary

As jy hou van stories vol aksie en drama wat afspeel in die magtige Sahara woestyn, waar Franse Vreemdelegioen soldate, forte en Arabiere betrokke is, dan is die verhaal uit die reeks van 13 stories net vir jou en sal jou ure se leesgenot besorg.

Price

USD $6.99

Card

SAHARA WOESTYN REEKS - WRAAK TREK OOR DIE  SAHARA

Tex het aangesluit by die Franse Vreemde Legioen in die magtige Sahara woestyn, op soek na weerwraak teenoor ’n Duitse offisier wat sy broer as krygsgevangene in Tweede Wêreld oorlog wreed vermoor het. Gou word hy genader deur ʼn paar mede-soldate om uit die legioen te dros. Hy weier aanvanklik, maar dan tree die noodlot in en dit noodsaak hom om wel te dros saam met sy makkers, om so die lewe van ʼn beeldskone vrou te probeer red. In die warm woestyn kruis se pad onverwags met die man wat hy sy lewe lank al na soek, maar dinge loop heeltemal skeef vir hom en sy vriende en moet hulle voortdurend veg vir oorlewing.

#SaharaWoestynReeks




  • Pieter Haasbroek
    31 Oct 2022

    Daar is bitter min bekend omtrent die skrywer Sandbergh Beyers. So ver vasgestel het hy ʼn Sahara reeks van dertien boeke geskryf oor die wedervaringe van ʼn klompie Vreemdelegioen soldate wat diens gedoen het in die Franse Vreemdelegioen in die snikhete Sahara woestyn. Geen verdere inligting is bekend omtrent die skrywer of ander boeke wat hy geskryf het nie. Ten spyte van die ongenaakbare wêreld vol gevare, het die Sahara woestyn ʼn bekoring vir baie mense. Dit is daarom nie verbasend dat baie stories en flieks gemaak word wat in die onherbergsame deel van die wêreld plaasvind nie. Hierdie Sahara woestyn reeks van Vreemdelegioen soldate se ervaringe in die magtige Sahara woestyn, uit die pen van Sandbergh Beyers, is dan ook geen uitsondering nie. Hy het dit reggekry om ʼn uitstekende reeks van dertien episodes te skryf en gaan die leser onder andere sy beskrywings van die Sahara woestyn en verder al die drama wat daarin plaasvind, geweldig geniet. Voorwaar ’n uitstekende reeks wat nie sal teleurstel nie.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.