Hierdie eboek neem die leser op 'n opwindende tog van meer as 16 lekkerlees kortverhaal stories, soos ervaar en geskryf deur Chris Opperman.
USD $2.99
NET VIER DAE OM TE LEWE!
Hierdie e-boek, “Net vier dae om te lewe!” is geskryf deur Chris Opperman op sy tagtigjarige ouderdom en is die eerste boek wat hy skryf.
Elkeen van ons het unieke stories om te vertel, van wat alles in ons lewe gebeur het en die tragiese daarvan is dat bitter min van ons die stories vasvang op swart en wit, vir ons nageslagte om te lees en te geniet. Wanneer die dood op die drumpel van jou deur kom staan, skrik baie skielik wakker, maar gewoonlik vir meeste dan te laat. Chris Opperman het besluit, kom wat wil, hy gaan skryf oor ’n klompie van sy uitsonderlike lewensverhaal stories voor die geleentheid hom vir ewig ontneem word.
In sy besondere manier van skryf, met baie Engelse woorde asook eie woorde wat geskep is en dus nie in woordeboeke voorkom nie, neem hy die leser op ʼn opwindende tog van meer as 16 lekkerlees kortverhaal stories. Meeste van sy stories het ʼn komiese aanslag terwyl ander weer drama bevat en nog ander die kyker ʼn terugblik gee van wat tien, twintig, dertig jaar en langer terug in Suid-Afrika gebeur het. Daar is genoeg inligting wat oud en jonk mee sal kan identifiseer en dit dus nie sal teleurstel nie. Hy spreek sy hoop uit dat die boek ook ander sal inspireer om die pen op te neem en hulle stories sal verewig op papier en so ander se lewe kan verryk met die soet en die suur of die swaarkry en lekkerkry van hul lewe…
Chris Opperman het op tagtigjarige ouderdom besluit om van sy lewensverhale vas te vang op swart en wit. Die eboek bevat meer as 16 lekkerlees verhale wat oud en jonk behoort te geniet. Daar is humor, drama en vele meer om te geniet en die lief en leed van die lewe saam met hom te kan ervaar. Beslis 'n boek wat ek sterk aanbeveel.