Sqrindle
Chris Opperman

Chris Opperman

About Chris Opperman

CHRIS OPPERMAN

Christiaan Rudolph Opperman is in 1942 te Pretoria gebore maar sy opgroei jare was in Florida, waar hy ook sy matriek te Florida Hoërskool gemaak het. Daarna behaal hy sy BCom. Rek. graad aan die Universiteit van Pretoria en kwalifiseer ook as geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur. Hy was ’n kranige tennisspeler, ook ’n goeie groot geweer skut en ’n snoeker speler van formaat. Twintig jaar lank werk hy in die finansiële gebied vir groot maatskappye in Johannesburg en Pretoria, daarna verhuis hy na Vryburg waar hy sy eie besigheid as rekenmeester en ouditeur beoefen het. Twintig jaar lank spandeer hy op Vryburg, waar hy ook vorder tot Burgemeester. Daarna verhuis hy na Somerset Wes waar hy sy eie restaurant geopen het. In die jaar 2000 tree hy af en bly hy tans in Gordonsbaai. Hy is getroud met Rina van der Merwe. Hulle is nou 57 jaar saam, altwee fris en gesond en het twee kinders waarvan een oorlede is. Ledigheid het hom die pen laat opneem en toe kom hy agter dat hy nogal ’n sekere handigheid met woorde het. Hierdie bundel sketse handel meestal oor sy ondervindinge en gebeurtenisse wat hy in Pretoria, Vryburg en in die Kaap ervaar het. Negentig persent daarvan is die waarheid.