Sqrindle
Hoefslae teen Middernag

Fiction & Literature

Hoefslae teen Middernag

Summary

Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy”-tydperk gehad het? Hierdie westerns reeks is seker die beste wat nog in Afrikaans verskyn het. Daar is volop aksie, romanse, drama, spanning, verraad, korrupsie, ens. Tipies die Woeste Weste van toeka.

Price

USD $8.99

Card

WOESTE LAEVELD REEKS - HOEFSLAE TEEN MIDDERNAG

Hierdie verhaal speel af in die tydperk 1835 - 1887 tydens die storm en drang jare van die Oostelike Transvaal, toe die geel-erts honderde mense na gebiede om Barberton laat stroom het. Die goudkoors het hewig gewoed en avontuur en romantiek was aan die orde van die dag. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saam gehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse polisie was te ontoereikend om hierdie wetteloosheid die hoof te bied. Dit was die jare toe die geweer en die rewolwer reg en geregtigheid beslis het en meermale het ongeregtigheid die botoon gevoer.

In hierdie verhaal is Hein Brandis op pad na ʼn ou vriend van hom, genaamd oom Izak Langeman, wat hy baie jare laas gesien het. Oom Izak se beeldskone dogter, Roelien, was goed bevriend met Hein in hul kinderjare, maar sy het toe weggeloop en gaan trou met Nic Beetge, wat ʼn opperste skurk en veedief is. Nie lank na haar troue nie, kry Roelien dit reg om ongemerk vir haar pa ʼn brief te stuur, waarin sy dringend om hulp vra. Oom Izak het toe weer dadelik vir Hein laat ontbied. Hein het skaars by oom Izak opgedaag en verneem na die inhoud van die brief of hulle twee raak betrokke by veediewe, wat beide se beeste probeer wegvoer. In die skermutseling wat volg, sterf om Izak en dit maak Hein vasbeslote om hierdie geheim van Roelien en die beesdiewe op te los. Gou val die vuiste en klap die skote en Hein het omtrent al sy dae om aan die lewe te bly. Hein kry onder andere hulp vanuit ʼn onverwagte oord in die vorm van Marlene. Sy is net so beeldskoon soos Roelien en het rooi hare wat oral aandag trek. Saam met haar en Frans Verwey wat ʼn wetstoepasser is, probeer hulle die veediewe aankeer en kos dit al hul ervaring en vermoëns om staande te bly teen die bende wat voortdurend poog om hulle uit te wis.

#WoesteLaeveld




  • Pieter Haasbroek
    30 Oct 2022

    Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy” tydperk gehad het? Die uitmuntende Woeste Laeveld reeks deur Braam le Roux en Dewald Brink is nou weer beskikbaar in aksiebelaade stories wat hierdie swaar tydperk baie goed aanspreek. Braam le Roux was een van Suid Afrika se top Afrikaanse storie skrywers met meer as ’n 100 boeke in sy kort leeftyd agter sy naam. Saam met Dewald Brink het hulle die Woeste Laeveld reeks (ses boeke) die lig laat sien, wat volgens my die beste Afrikaanse “cowboy” tipe stories is wat ooit in Afrikaans geskryf is. Na die eerste ses boeke in die reeks het Braam le Roux egter op sy eie nog 'n verdere twee boeke vir die reeks geskryf. Al agt storieboeke in die reeks is propvol aksie, romanse, drama, spanning, hartseer en vele meer, presies soos dit ook was in daardie tyd. Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in hul honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels ’n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur. Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het. Die verhale in die reeks, speel af in die tagtigerjare van die vorige eeu toe Barberton, in die bergwêreld van die Oostelike Transvaal, nog wild en woes was. Fortuinsoekers het uit verre oorde die aarde kom omdolwe op soek na goud. En te midde van geldsug en ’n koorsagtige gejaag om ryk te word, het hartstogte opgevlam. Haat, weerwraak en jaloesie was stukragte wat die mens tot die uiterste gedryf het. Wet en orde kon nie altyd behoorlik toegepas word deur die geringe polisiemag wat toe bestaan het nie. Die opperheerskappy van die rewolwer, geweer en dolk het meestal die deurslag gegee in die stryd tussen reg en onreg en was deur baie beskou as die eintlike wet. Maar te midde van hierdie ruwe era en wilde hartstogte, was daar ook die mooi ontplooiing van liefde tussen man en vrou, waar innige emosies soms deurstrengel geraak het met siedende wraaklus, moord en vernielsug. In die moeilike tydperk was daar dus geen genade ooit gevra of gegee nie en net die sterkste en slimste en soms ook die grootste skelms het oorleef en hierdie reeks het dit alles uitstekend beskryf . Beslis ’n reeks wat my altyd sal bybly en ’n goeie idee gegee het van hoe swaar dit werklik was in daardie era en goeie tye wat selde die geval was. Hierdie reeks kry dus volpunte van my af, want die beskrywings van gebeure en die ware geskiedenis daar agter is so goed vasgevat in die skrywe van die uitsonderlike verhale, dat enige ander soortgelyke stories hard gaan sukkel om enigsins naby dit te kom.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.