Sqrindle
Geraamtes op die Duine

Fiction & Literature

Geraamtes op die Duine

Summary

Hierdie woestyn reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Winsorton. Dit was jare waar die geweer, die rewolwer, die vuis en ook die dolk meermale die enigste erkende wet was.

Price

USD $4.99

Card

TEMMERS VAN DIE WOESTYN REEKS - GERAAMTES OP DIE DUINE

Hierdie reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag.

Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie.

Duisende tente het langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dans musiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en daagliks was dus ʼn verbete stryd om oorlewing.

#TemmersVanDieWoestynReeks




  • Pieter Haasbroek
    01 Nov 2022

    Reinhardt (Hein) Hendriks is op 24 Maart 1911 op Swellendam gebore, waar hy ook sy skoolopleiding ontvang het en is oorlede in 1979. Hy is die oudste van drie broers en sy broer Hermie Hendriks (joernalis) word later ook ’n bekende skrywer van ontspanningslektuur, waarvan sy Diamantveld reeks seker die bekendste is. Hein was ʼn Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur en verwerf veral bekendheid vir sy speur- en avontuurverhale. Hy word gou bekend onder die naam R. Hendriks, maar skryf ook verskeie werke onder die skuilname André Murat en Casper H. Marais. As R. Hendriks skryf hy die Temmers van die Woestyn reeks en die Rooi Masker reeks. As André Murat en Casper H. Marais skryf hy onderskeidelik die Rooi Jan reeks (jeuglektuur) en ses boeke oor die Mank Mannetjie karakter, (Wikipedia). Braam le Roux (28/8/1918 - 31/12/1956) het egter die eerste nege-en-dertig boeke van die Temmers van die Woestyn reeks geskryf en na sy vroegtydige dood het R. Hendriks by hom oorgeneem en die reeks geneem tot vier-en-sewentig boeke in die gegewe reeks. Die Temmers van die Woestyn reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag. Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie. Duisende tente het amper oornag langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dansmusiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres eenvoudig onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era, waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en die daaglikse lewe was dus ʼn verbete stryd om oorlewing. Die Temmers van die Woestyn reeks gee ʼn goeie blik in die betrokke era van swaarkry, wetteloosheid, onreg, geldgierigheid, ens., maar ook van die wat opgestaan het teen die onreg en hulle lewens daagliks op die spel geplaas het om reg en geregtigheid te laat geskiet. Voorwaar ʼn uitstekende reeks wat beslis gelees moet word.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.