Henk Human is ʼn bobaas vegter met karate en gebruik hy dit onder andere handig in sy werk om enigeen wat enige tipe probleem optel, dit vir hulle te help oplos, maar natuurlik teen ʼn prys.
USD $4.99
EEN ONGELUK TE VEEL - HENK HUMAN REEKS
Vier buitengewoon verdagte ongelukke vind plaas. Reeds na die eerste een het Henk Human se agterdog hom geen rus gegee nie. Die gevolg daarvan was dat ’n kunsskilder by die “Soete Lewe” aangekom het en net so vinnig weer verdwyn het.
In die eerste ongeluk het ’n brander iemand meegesleur, daarna het ’n groot rots op ’n bergklimmer afgestorm gekom en nog twee ander snaakse voorvalle het plaasgevind. Toe die vierde ongeluk plaasvind, was dit net mooi een te veel vir Henk Human en het hy dadelik oorgegaan tot aksie.
#HenkHumanReeks
Geen persoonlike inligting kon oor Jef van Staden opgespoor word nie. Hy het ʼn reeks van ses boeke geskryf oor die hoof karakter Henk Human. Hy is ʼn bobaas vegter met die Oosterse kuns, naamlik karate en gebruik hy dit onder andere handig in sy werk om enigeen wat enige tipe probleem optel, dit vir hulle te help oplos, maar natuurlik teen ʼn prys. Die boeke wat hy geskryf het, strek oor ʼn wye veld van onderwerpe. Sy karakter, Henk Human, se verhaal begin waar hy na ʼn klompie jare moeg geswerf is en besluit om na Suid Afrika terug te keer om daar ʼn bestaan te probeer maak. Hy huur hom toe uit vir enige probleme wat ander nie kan of wil opgelos nie. Dinge wil maar net nie vlot verloop vir hom nie en toe hy op die rand van bankrotskap staan, kry hy teen middernag ʼn ongewone besoek van ʼn beeldskone vrou met hoë hakke en ʼn pelsjas. Min het Henk toe geweet wat alles nog vir hom voorlê weens die onverwagte besoek so laat in die nag. Een van sy ander stories speel af in die Arabiese skiereiland, waar Henk te doen kry met ʼn Arabiese prins. ʼn Ander verhaal speel in Suid Afrika af en kry Henk daar te doen met oorsese politikusse wat belangstel in Suid Afrika se wapens en wapenfabrieke. In nog ʼn verhaal kry Henk te doen met ʼn wetenskaplike wat ’n instrument ontdek wat Suid-Afrika beheer gee oor al die weerstelsels van die wêreld. Jef van Staden se verhaal oor ’n geniale breinarts wat ontsaglik baie doen om die lyding van sy medemens te versag, maar snags verander in ’n monster wat net verwoesting aanrig, sal jou vasgenael hou om die boek klaar te lees. In nog ’n boek vind vier buitengewoon verdagte ongelukke, kort na mekaar plaas, waar daar in die eerste ongeluk ’n brander iemand meegesleur, daarna het ’n groot rots op ’n bergklimmer afgestorm gekom en nog twee ander snaakse voorvalle het plaasgevind. Dit is net die tipe saak wat Henk voor uitgeknip is om te ondersoek en nog ’n lekker verhaal om te lees. Lees gerus al ses boeke wat beskikbaar is en wat beslis nie sal teleurstel nie. Daar word vermoed dat Jef van Staden meer boeke geskryf het, maar dit is nog nie bevestig nie.