Sqrindle
Die Dood Kruip Nader

Fiction & Literature

Die Dood Kruip Nader

Summary

Obed de Swardt is ʼn bobaas privaat speurder wat nie kan wag om die volgende saak aan te pak, wat die Suid Afrikaanse polisie nie kan oplos nie. Saam met sy wolfhond is hulle ʼn gedugte kombinasie vir enige skurk wat oor hul pad kom.

Price

USD $4.99

Card

SWERWER SPEURDER REEKS - DIE DOOD KRUIP NADER

Die Swerwer-speurder reeks handel oor ’n privaat speurder met die naam van Obed de Swardt. Hy bly saam met sy wolfhond genaamd Jagter en sy persoonlike sjef genaamd Amos, in Drie Gewels, ’n gerieflike groot huis in Linden, Johannesburg. Dan is daar ook sy aanvallige nooientjie Tessa Brink, wat hom ondersteun in vele van sy privaat speurwerk. Van jongs af het Obed al belang gestel in kriminologie en dit is juis hierdie uitdaging om kragte te meet met kriminele, wat aan hom die avontuur en lewenslus besorg waarna hy soek. Weens sy uitstekende rekord het Obed ook baie gou bekend geraak as die bobaas swerwer-speurder in die land. Verder is hy ook ’n kranige rugbyspeler wat vir Transvaal rugby speel in die vleuel posisie.

Obed het ’n Bosveldplaas by sy pa geërf en boer ’n voorman namens hom op die plaas. Die inkomste wat daaruit gegenereer word, is meer as genoeg vir Obed om luuks te lewe. Ten spyte daarvan dat Obed nie nodig het om te werk nie, doen hy privaat speurwerk en spoor hy meeste van sy sake self op, waarvoor hy gewoonlik nie betaling ontvang nie. Soms kontak sy een polisie vriend Eddie hom, om te help met ’n belangrike saak, wat die polisie sukkel om self opgelos te kry. Dan is daar ook Jan Wiese, ’n goeie vriend van Obed, wat ’n redaksielid is van ’n groot dagblad in die stad en Obed verskaf altyd eerste vir hom die storie, in ruil vir sy hulp van tyd tot tyd. Elke storie is uniek en propvol spanning en intriges wat die leser deurgaans aan die raai sal hou en groot genot sal verskaf om te lees.

#SwerwerSpeurderReeks 




  • Pieter Haasbroek
    01 Nov 2022

    Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks. Braam le Roux is die skuilnaam van Abraham le Roux (28/8/1918 - 31/12/1956) het feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam van Braam le Roux geskryf. Hy is egter tragies oorlede op ’n jong ouderdom van 38 jaar. Braam le Roux se uiters populêre Swart Luiperd reeks is ongetwyfeld sy bekendste reeks wat hy geskryf het. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux is Meiring Fouche genader om die Swart Luiperd reeks oor te neem en dit voltooi weens die gewildheid van die reeks toe dit die eerste maal verskyn het. Die reeks eindig toe met sewentig boeke. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf, in ander ook baie gewilde reekse, soos bv. die Temmers van die Woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer Speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste Afrikaanse storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as ’n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (almal skuilname), wie dit egter ’n leeftyd geneem het om ook meer as ’n honderd boeke te kon skryf. Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gestaan het as die grootste Afrikaanse storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Bitter min inligting is bekend oor Gys van Graan. Ons weet van meer as tien sagteband boeke wat hy geskryf het, maar geen hardebande nie. Hy het die Ridder reeks in sagteband geskryf, net minder as tien stories in die Swerwer Speurder reeks en ook enkele losstaande verhale. So ver bekend het hy onder geen skuilname geskryf nie. Bostaande drie skrywers het almal bygedra aan die Swerwer Speurder reeks van twee-en-twintig verhale, waarvan Gerrie Radlof die meeste stories in die reeks geskryf het, naamlik nege, Gys van Graan het agt geskryf en Braam le Roux het vyf daarvan geskryf. In kort handel die reeks oor ’n privaat speurder met die naam van Obed de Swardt. Hy bly saam met sy wolfhond genaamd Jagter en sy persoonlike sjef genaamd Amos, in Drie Gewels, ’n gerieflike groot huis in Linden, Johannesburg. Dan is daar ook sy aanvallige nooientjie Tessa Brink, wat hom ondersteun in vele van sy privaat speurwerk. Van jongs af het Obed al belang gestel in kriminologie en dit is juis hierdie uitdaging om kragte te meet met kriminele, wat aan hom die avontuur en lewenslus besorg waarna hy smag. Weens sy uitstekende rekord het Obed ook baie gou bekend geraak as die bobaas swerwer-speurder in die land. Verder is hy ook ’n kranige rugbyspeler wat vir Transvaal rugby speel in die vleuel posisie. Obed het ’n Bosveldplaas by sy pa geërf en daar boer ’n voorman namens hom op sy plaas. Die inkomste wat daaruit gegenereer word, is meer as genoeg vir Obed om luuks te lewe. Ten spyte daarvan dat Obed nie nodig het om te werk nie, doen hy privaat speurwerk en spoor hy meeste van sy sake self op, waarvoor hy gewoonlik nie betaling ontvang nie. Soms kontak sy een polisie vriend, Eddie, hom om te help met ’n belangrike saak, wat die polisie sukkel om self opgelos te kry. Dan is daar ook Jan Wiese, ’n goeie vriend van Obed, wat ’n redaksielid is van ’n groot dagblad in die stad en Obed verskaf altyd eerste vir hom die nuuswaardige stories, in ruil vir sy hulp van tyd tot tyd. Elke verhaal is uniek en propvol spanning en intriges wat die leser deurgaans aan die raai sal hou en groot genot sal verskaf om te lees.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.