Sqrindle
Die Vermiste Meisie

Fiction & Literature

Die Vermiste Meisie

Summary

Fabel Retief het sy bynaam verwerf deur die fabelagtige bekwaamheid waarmee hy die ingewikkeldste sake opgelos het, toe hy nog in die Suid Afrikaanse Speurdiens was. Waar daar geheimsinnige dinge en moorde voorkom, daar is Fabel Retief.

Price

USD $4.99

Card

FABEL RETIEF REEKS - DIE VERMISTE MEISIE

Fabel Retief het sy bynaam verwerf deur die fabelagtige bekwaamheid waarmee hy die ingewikkeldste sake opgelos het toe hy nog in die Suid Afrikaanse Speurdiens was. Nou het hy afgetree om op sy familie erfplaas te gaan boer, maar sy verlede wil hom maar nie met rus laat nie. Die geval van Die Vermiste Meisie lei hom na ’n avontuur wat hoë eise stel aan sy reputasie as ’n speurder wat fyn kan dink en vinnig kan handel.

#FabelRetiefReeks




  • Pieter Haasbroek
    01 Nov 2022

    Meiring Fouche is die skuilnaam van Francois Alwyn Venter (27/11//1916 - 8/1/1997) en is een van Suid Afrika se top skrywers wat oor ’n wye reeks van onderwerpe kon skryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Na die vroeë dood van Braam le Roux, neem F.A. Venter die bekende Swart Luiperd reeks oor by Braam le Roux en voltooi die reeks van sewentig boeke. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy ook verskeie ander reekse (Baanbrekers reeks, Ryk Schoonraad reeks, Maagd van die See reeks, SA Polisie reeks en Fabel Retief reeks), waarvan die Sahara avontuur reeks seker een van sy heel beste reekse is. Hy het ook verskeie ander boeke geskryf, in reekse soos die SA Polisie reeks, terwyl ’n paar losstaande sagteband boeke ook uit sy pen verskyn het. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke. F.A. Venter het ook verskeie kortverhale geskryf, onder meer vir verskillende tydskrifte. Die Fabel Retief reeks van sewe verhale is ’n uitstekende spioenasie reeks wat reeds in die vroeë sestiger jare geskryf is deur Suid Afrika se meester skrywer van destyds, naamlik F.A. Venter, onder die skuilnaam van Meiring Fouche. Fabel Retief is ’n oud-speurder in die Suid Afrikaanse speurdiens en waar daar moorde en geheimsinnige sake betrokke is, daar sal jy vir Fabel aantref. Hy het sy bynaam verwerf deur die fabelagtige bekwaamheid waarmee hy die ingewikkeldste sake opgelos het, toe hy nog in die Suid Afrikaanse Speurdiens was. Die sewe verhale in die reeks is dek ’n wye veld van gebeurtenisse, van ’n vermiste meisie na ’n moord op ’n skip tot ’n verlate huis in ’n afgeleë woestyn. Dit is Fabel se taak om al die raaisels en geheime te probeer oplos en slegs sy vernuf, kennis en skerp verstand stel hom in staat om die sake te kan ontrafel. Al die verhale is heerlike vermaak vir oud en jonk en hier en daar is daar selfs so bietjie romanse ter sprake.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.