Sqrindle
Wraak in die Woestynvesting

Fiction & Literature

Wraak in die Woestynvesting

Summary

Hierdie Sahara reeks boeke (40 boeke) gaan oor Teuns Stegmann se avonture in the Sahara woestyn. Saam met sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen, ervaar hulle die een na die ander aksievolle, spannende en opwindende avonture.

Price

USD $6.99

Card

28. SAHARA AVONTUUR REEKS - WRAAK IN DIE WOESTYNVESTING.

Die verhaal begin in die Sahara woestyn, waar Teuns Stegmann, ’n Suid-Afrikaner in die Franse Vreemdelegioen, saam met Fritz Mundt en ses rou rekrute is. Hulle is op ’n missie om die rekrute touwys te maak in die woestyn. Teuns is veral agterdogtig oor een rekruut, Davros, wie se onrustige gedrag hom bekommer. Davros gewaar iets op ’n duin en word gestuur om ondersoek in te stel, maar verdwyn dan spoorloos. Teuns en sy manne soek oral na hom en vind net spore en bloed. Hulle vermoed dadelik ’n lokval en Teuns voel dit is sy plig om verdere ondersoek in te stel en vir Davros te probeer opspoor.

As leier van die patrollie is Teuns Stegmann verantwoordelik vir sy manne se veiligheid. Hy neem gevolglik sekere besluite, dikwels teen Fritz se raad, om Davros te red. Selfs wanneer hulle ’n geheimsinnige, ou vesting ontdek en deur ’n onbekende stem gekonfronteer word, bly Teuns vasberade. Die stem behoort aan Pierre Bonnet. Teuns word gedwing om homself aan te bied as gyselaar in ruil vir ’n ander rekruut, Jacques Debret. Die spanning styg soos Teuns gekonfronteer word met verraad, dood en ontvoering. Hy is vasgevang in ’n dodelike oor-en-weer spel, maar weier om moed op te gee.

Teuns probeer om te ontsnap deur ’n geheime gang, maar word weer gevange geneem. Hy eindig op in ’n toring, beleër deur Pierre Bonnet en sy manne, en veg dapper vir sy lewe. Fritz Mundt speel ook ’n kritiese rol. Hy is altyd daar om Teuns te ondersteun, al stem hy nie altyd saam met sy besluite nie. Die rekrute is meestal in die agtergrond, en dien as herinnering aan Teuns se verantwoordelikheid. Om uit hulle penarie te kom, beplan Teuns ’n waaghalsige ontsnapping, waar hy homself voordoen as ’n Arabier. Sal hy daarin slaag om te ontsnap, of sal hy die slagoffer word van Pierre Bonnet se bitter wraak? Die geheim lê in die vesting se verborge gange, en net die volle verhaal sal die waarheid openbaar.

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    10 Apr 2022

    Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing. F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk. Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry. In die Sahara Avontuur reeks ontmoet jy vir Teuns Stegmann, ’n uiters dapper, slim en talentvolle Suid Afrikaner. Sy broer se vegvliegtuig is afgeskiet oor die magtige Sahara woestyn deur ’n Duitse vlieënier, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Woestyn Arabiere het hom toe blykbaar gevange geneem en hom later dood gemaak voor hy kon ontsnap. Om die dood van sy broer te gaan wreek, verlaat Teuns toe sy pragtige wynplaas in die Hexvallei en gaan sluit hom aan by die Franse Vreemdelegioen. Daar maak hy gou groot vriende met ʼn Pool, ʼn Italianer, ʼn Engelsman en ʼn Duitser. Saam durf die vyf van hulle die magtige Sahara woestyn aan met al sy gevare wat gedurig deur om elke hoek en draai skuil. As dit nie die Arabiere is wat hulle lewens bedreig nie, dan is dit een of ander mal professor was geheime gas wil gebruik om hulle Vreemdelegioen soldate mee uit te roei. Met een na die ander spannende en aksievolle avontuur wat oor hulle pad kom, is dit telkemale Teuns Stegmann se briljante brein en ongelooflike dapperheid wat hulle uit die moeilikheid red. Hierdie reeks van veertig boeke in die Sahara avontuur reeks, uit die pen van F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche, sal jou altyd bybly. Dit is beslis ’n Sahara reeks stories sonder weerga wat oud en jonk kan geniet. As jy dus hou van verhale uit die boonste rakke, wat afspeel in die magtige en dodelike Sahara woestyn, dan is hierdie reeks net vir jou. Dit is so goed geskryf dat mens dit elke vyf jaar weer uit die kas gaan haal om van vooraf te lees en geniet. Saam met ʼn warm koppie koffie of ʼn glasie wyn in die hand, is daar niks wat die reeks klop vir aksie en avontuur nie!


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.