Sqrindle
Spore na die Dood

Fiction & Literature

Spore na die Dood

Summary

Hierdie Sahara reeks boeke (40 boeke) gaan oor Teuns Stegmann se avonture in the Sahara woestyn. Saam met sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen, ervaar hulle die een na die ander aksievolle, spannende en opwindende avonture.

Price

USD $6.99

Card

2. SAHARA AVONTUUR REEKS - SPORE NA DIE DOOD

Die verhaal begin in die hart van die Sahara met ’n patrollie van die Franse Vreemdelegioen, moeg na hul patrollie in die bloedige warm Sahara. Onder leiding van die reusagtige Fritz Mundt, verlang hulle na die effens beter geriewe van Dini Salam. Onder hulle is Teuns Stegmann, ’n Suid-Afrikaner wat spook met ’n historiese verbintenis met El Karima, die meedoënlose leier van die Doelak-Arabiere. Hul sending neem ’n donker wending met die ontdekking van twee dooie perde in Spaanse vroue rysaals en die afwesigheid van enige ruiters. ’n Goue hangertjie wat aan El Karima behoort word ook gevind, wat groot ongemak wek by die patrollie.

Die skokkende ontdekking laat die Legioen se probleme eskaleer. Kolonel Le Clerq, die garnisoen se bevelvoerder, is verstom om te verneem dat sy vrou, Antoinette, een van die vermiste ruiters is, vermoedelik ontvoer deur El Karima. ’n Losgeld eis bereik hulle kort daarna wat hulle ’n swaar keuse bied. Teuns Stegmann se lewe in ruil vir Antoinette se vryheid. Kaptein D’Arlan staan voor die onmoontlike keuse om een van sy dapperste manne op te offer of sy bevelvoerder se vrou te veroordeel.

D’Arlan worstel met sy besluit, wel wetende dat El Karima se woord waardeloos is, terwyl Teuns stoei met die moontlikheid om vir El Karima se wraak te sterf. In ’n verstommende daad verdwyn Teuns. Hy poog om homself te oorhandig aan El Karima, net om daarmee nog meer gevaar te skep vir almal betrokke. Teuns hou sy planne geheim en dit is aan die leser om te ontdek wat die held wegsteek. Sal Theuns daarin slaag om almal te red, of stap hy in 'n dodelike lokval in wat baie meer kompleks is as wat hy hom kon voorstel?

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    14 Oct 2019

    Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing. F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk. Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry. In die Sahara Avontuur reeks ontmoet jy vir Teuns Stegmann, ’n uiters dapper, slim en talentvolle Suid Afrikaner. Sy broer se vegvliegtuig is afgeskiet oor die magtige Sahara woestyn deur ’n Duitse vlieënier, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Woestyn Arabiere het hom toe blykbaar gevange geneem en hom later dood gemaak voor hy kon ontsnap. Om die dood van sy broer te gaan wreek, verlaat Teuns toe sy pragtige wynplaas in die Hexvallei en gaan sluit hom aan by die Franse Vreemdelegioen. Daar maak hy gou groot vriende met ʼn Pool, ʼn Italianer, ʼn Engelsman en ʼn Duitser. Saam durf die vyf van hulle die magtige Sahara woestyn aan met al sy gevare wat gedurig deur om elke hoek en draai skuil. As dit nie die Arabiere is wat hulle lewens bedreig nie, dan is dit een of ander mal professor was geheime gas wil gebruik om hulle Vreemdelegioen soldate mee uit te roei. Met een na die ander spannende en aksievolle avontuur wat oor hulle pad kom, is dit telkemale Teuns Stegmann se briljante brein en ongelooflike dapperheid wat hulle uit die moeilikheid red. Hierdie reeks van veertig boeke in die Sahara avontuur reeks, uit die pen van F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche, sal jou altyd bybly. Dit is beslis ’n Sahara reeks stories sonder weerga wat oud en jonk kan geniet. As jy dus hou van verhale uit die boonste rakke, wat afspeel in die magtige en dodelike Sahara woestyn, dan is hierdie reeks net vir jou. Dit is so goed geskryf dat mens dit elke vyf jaar weer uit die kas gaan haal om van vooraf te lees en geniet. Saam met ʼn warm koppie koffie of ʼn glasie wyn in die hand, is daar niks wat die reeks klop vir aksie en avontuur nie!


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.