Die verraderlike seeroweraanval op Fort Louis ontketen 'n kettingreaksie waar die geheimsinnige Oloff die Seerower, na sy eie teenspoed en Anna se ontvoering, vermom moet terugveg om Minette en ander gyselaars te red.
USD $6.99
3. OLOFF DIE SEEROWER REEKS - DIE SKUIM VAN DIE SEE
In die Franse vesting Fort Louis aan Afrika se ooskus, wag Kaptein Gascon Dumont gretig op sy geliefde, Minette de Rouxleigh, niggie van die Goewerneur. Sy idilliese verwagting word verbrysel toe twee skepe nader seil, een is ’n vermeende handelskip wat skuiling soek teen ’n kaperboot. Dumont verleen toegang, onbewus van die dodelike lokval. Oomblikke later word die fort en dorp deur verwoestende kanonvuur getref; albei skepe is seerowerskuite wat saamwerk. Te midde van die chaos, veg Dumont verwoed om Minette en haar oom te beskerm in die Goewerneurswoning, maar hulle word uiteindelik oorval. As gewonde staar hy die koue oë van die seerowerkapteins Meert Heinz en Jorrit Horman in die gesig terwyl Minette gevange geneem word.
Uit die smeulende puin word Dumont gered deur die enigmatiese Oloff van Wagenaar, Oloff die Seerower, en sy skip, die Seewraak. Maar Oloff se legende is kompleks. Sy lewe is ’n verhaal van ’n dubbelganger, onreg, en ’n stryd om sy eer te herstel, met sy verloofde, Anna te Hoogen, aan sy sy. Gedryf deur die nuus van Minette se lot en die gevaar vir haar vader, die Graaf de Rouxleigh, neem Oloff die jagtog op hom. Die see se skuim is egter verraderlik. ’n Seestryd eindig rampspoedig toe die Seewraak op ’n sandbank vasloop, en ’n desperate nagtelike geveg op die duine lei tot Oloff se oënskynlike val en Anna se ontvoering deur Heinz en Horman.
Tog, Oloff se verhaal is nog lank nie verby nie. Hy keer terug van die rand van die dood en toe lei sy pad na die gevaarlike Deelenbaai en verder Oos, na Fort Rouxleigh. Vermom, moet hy sy vyande, insluitend die wraaksugtige Borghort en die slinkse Heinz en Horman, wat nou ook die Graaf beheer, uitoorlê. Sal Oloff se waaghalsige planne slaag om die gyselaars te bevry voor ’n verwoestende sameswering voltrek word? Met tyd wat uitloop en lewens op die spel, staar Oloff ’n hartverskeurende keuse in die gesig.
#oloffdieseerowerstories
Gerrie Radlof is seer sekerlik een van Suid Afrika se beste Afrikaanse skrywers wat ooit gelewe het. Sy alombekende Buiter reeks van nege boeke het is goed bekend by oud en jonk wat lief is vir Kaapse verhale en word nou weer in e-boek sowel as boek formaat vrygestel. Gerrie Radlof was betrokke by ’n hele aantal reekse, maar die reeks wat seker die bekendste is van almal is, is sy uiters gewilde Oloff die Seerower reeks van 24 boeke. Hierdie reeks gaan oor die seerower era toe seilskepe nog die oseane getem het en seerowers om amper elke hoek en draai op loer gelê het vir hul prooi. Oloff van Wagenaar het dit sy lewenstaak gemaak om die see te bevry van die euwel en saam met sy getroue vriende en twee pragskepe, ervaar hulle skermutselings op see en land, waar die een met die skerpste brein en beste voorbereid was, gewoonlik die botoon gevoer het. Die reeks is lank genoeg sodat die leser nie net die gegewe seerower era kan ervaar in sy totaliteit nie, maar daar is meer as genoeg aksie, romanse, spanning, drama en ander verwikkelinge in elke storie wat die leser aangryp en nie laat los voor die storie nie eers klaar gelees is nie. Volgens my is die reeks briljant geskryf en iedereen wat hou van die tydperk in die wêreld se geskiedenis sal die stories meer as geniet.