Sqrindle
Vlamme in die Tempel
Fiction & Literature

Vlamme in die Tempel

Summary

Hierdie Sahara reeks boeke (40 boeke) gaan oor Teuns Stegmann se avonture in the Sahara woestyn. Saam met sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen, ervaar hulle die een na die ander aksievolle, spannende en opwindende avonture.

Price

US $4.99

Card

SAHARA AVONTUUR REEKS - VLAMME IN DIE TEMPEL

Teuns wil praat, maar hy is daartoe nie in staat nie. Hy wil die bek van daardie snelgeweer voor hom weg klap, maar dit is asof sy hele liggaam lam geword het. Lam van ’n onuitspreeklike vrees, want hy weet hoe volkome magteloos hy nou is. Nog voordat hy daarin kan slaag om sy Lebel op Costello te rig, sal hy middeldeur geskiet wees.

In ’n soort magtelose versonkenheid staar hy na Costello se voorvinger wat stadig maar seker stywer om die sneller klem. Hy voel al hoe dat die lood hom soos ’n vlam tref.

Die volgende oomblik ruk Costello se liggaam krom. Daar is ’n verbaasde uitdrukking in sy oë. Bloed vlieg by sy neus uit en sy oë raak glaserig. Die snelgeweerglip uit sy hande en toe sak hy met ’n sagte sug op die sand neer.

#saharawoestynstories