Sqrindle
Bloed voor die Son

Fiction & Literature

Bloed voor die Son

Summary

Hierdie Sahara reeks boeke (40 boeke) gaan oor Teuns Stegmann se avonture in the Sahara woestyn. Saam met sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen, ervaar hulle die een na die ander aksievolle, spannende en opwindende avonture.

Price

USD $6.99

Card

SAHARA AVONTUUR REEKS - BLOED VOOR DIE SON

Brigitte Bonnet, die magtige leidster van die trotse Doelak volk is uiteindelik gevang deur die soldate van die Franse Vreemdelegioen. Vir haar aandeel in die dood van verskeie Legioensoldate, het die Franse Opperbevel besluit dat sy sommer by die Franse fort Dini Salam, in die Sahara woestyn tereggestel moet word. Die blonde Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, wat ’n groot aandeel gehad het in haar gevangeneming, word ook die bitter taak opgelê om deel te neem aan die teregstelling.

Die oggend van haar teregstelling, ontdek kaptein D’Arlan tot sy groot ontsteltenis dat sy spoorloos verdwyn het. Na ’n deeglike ondersoek kry hulle ’n verdagte en kolonel Le Clerq, bevelvoerder van fort Dini Salam, stuur vir kaptein D’Arlan, Teuns Stegmann, Jack Ritchie, Fritz Mundt en Podolski om die verdagte te gaan aankeer en ondervra. Maar dinge loop lelik skeef en hulle word almal ontvoer en in die warm Sahara woestyn ingeneem. Die Arabier wat hulle geskaak het, wil ’n losprys opeis as hy hulle aan madame Brigitte Bonnet gaan oorhandig, maar hy is ook agter die Sabel van Doetra aan, wat se waarde nie eers geskat kan word nie. Hierdie fabelagtige skat het Teuns Stegmann en sy paar boesemvriende in die Legioen, lank gelede by ’n oase versteek, en het die Arabier daarvan te hore gekom.

Op pad na die oase word hulle hele karavaan onverhoeds deur wrede Touaregs aangeval en met die hulp van kaptein D’Arlan en sy manne slaag hulle net-net daarin om die oorhand te kry. Na die kort skermutseling ontdek hulle tot almal se skok dat Teuns Stegmann makeer. As straf neem die Arabierse leier ’n sambok en slaan kaptein D’Arlan se rug rou daarmee. Omrede nie een wil vertel waar die Sabel van Doetra weggesteek is nie, kry hulle geen kos of water en moet voetslaan verder. Na lank daarna word daar deur ’n geheimsinnige ruiter, kort-kort op hulle geskiet en elke keer sterf van die Arabiere. Uit woede word kaptein D’Arlan en Jack Ritchie in die woestyn op die sand oopgespalk en daar gelaat om ’n wrede dood te sterf. Fritz Mundt en Podolski wat oorbly beraam ’n briljante plan en dit gee Fritz die geleentheid om ook te ontsnap en terug te gaan op hul spore, om te sien of hy nie dalk vir kaptein D’Arlan en Jack Ritchie kan gaan red nie.

Met Arabiere kort op sy hakke het Fritz later sy hande behoorlik vol om van hulle ontslae te raak en moet hy al sy vernuf gebruik om te oorleef. By die plek waar kaptein D’Arlan en Jack Ritchie vasgemaak is, kry Fritz slegs die beendere van ’n Arabier, beide manskappe is egter skoonveld! Fritz weet nie herwaarts of derwaarts nie en dan begin iemand skielik weer op hom losbrand. Dit is sy getroue vriend Teuns Stegmann en die het baie goeie nuus vir hom. Met feitlik almal weer bymekaar, beweeg hulle terug na die oase toe, om hulle laaste vriend Podolski, uit die hande van die wrede Arabier te gaan probeer red. Naby die oase waar die Sabel van Doetra weggesteek is, val hulle teen alle verwagtinge weer in die hande van die Arabier en sy makkers. Om dinge te vererger ontdek hulle honderde Doelaks by die oase. Die Arabier wat hulle ontvoer het besluit daar en dan om hulle almal net daar te onthoof en dan die pad te vat, voor die Doelaks van hulle teenwoordigheid naby die oase bewus raak. Dit is dan wanneer Teuns sy laaste troefkaart speel en almal in hulle spore tot stilstand ruk van pure skok en ongeloof...

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    10 Apr 2022

    Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing. F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk. Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry. In die Sahara Avontuur reeks ontmoet jy vir Teuns Stegmann, ’n uiters dapper, slim en talentvolle Suid Afrikaner. Sy broer se vegvliegtuig is afgeskiet oor die magtige Sahara woestyn deur ’n Duitse vlieënier, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Woestyn Arabiere het hom toe blykbaar gevange geneem en hom later dood gemaak voor hy kon ontsnap. Om die dood van sy broer te gaan wreek, verlaat Teuns toe sy pragtige wynplaas in die Hexvallei en gaan sluit hom aan by die Franse Vreemdelegioen. Daar maak hy gou groot vriende met ʼn Pool, ʼn Italianer, ʼn Engelsman en ʼn Duitser. Saam durf die vyf van hulle die magtige Sahara woestyn aan met al sy gevare wat gedurig deur om elke hoek en draai skuil. As dit nie die Arabiere is wat hulle lewens bedreig nie, dan is dit een of ander mal professor was geheime gas wil gebruik om hulle Vreemdelegioen soldate mee uit te roei. Met een na die ander spannende en aksievolle avontuur wat oor hulle pad kom, is dit telkemale Teuns Stegmann se briljante brein en ongelooflike dapperheid wat hulle uit die moeilikheid red. Hierdie reeks van veertig boeke in die Sahara avontuur reeks, uit die pen van F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche, sal jou altyd bybly. Dit is beslis ’n Sahara reeks stories sonder weerga wat oud en jonk kan geniet. As jy dus hou van verhale uit die boonste rakke, wat afspeel in die magtige en dodelike Sahara woestyn, dan is hierdie reeks net vir jou. Dit is so goed geskryf dat mens dit elke vyf jaar weer uit die kas gaan haal om van vooraf te lees en geniet. Saam met ʼn warm koppie koffie of ʼn glasie wyn in die hand, is daar niks wat die reeks klop vir aksie en avontuur nie!


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.