Sqrindle
Vyf Sahara Woestyn Kortverhale

Fiction & Literature

Vyf Sahara Woestyn Kortverhale

Summary

Hierdie eboek bevat vyf kortverhale wat almal in die Sahara woestyn afspeel. Daar is skatte, geheime tempels, raaisels en vele meer om te geniet.

Price

USD $6.99

Card

VYF SAHARA WOESTYN KORTVERHALE

Hierdie eboek bevat vyf lekkerlees kortverhale wat almal in die magtige en snikhete Sahara woestyn afspeel. Daar is iets vir almal om te geniet. Van oorlog met Arabiere, tot geheime tempels, groot skatte en verskeie raaisels wat in die stories opgelos moet word. As jy dus hou van kortverhale wat met genoeg aksie, drama en selfs 'n bietjie romanse, lees dan gerus hierdie verhale. 

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    17 Oct 2019

    Meiring Fouche (regte naam is F.A. Venter) het ongetwyfeld die beste en langste reeks nog in Afrikaans geskryf oor die Franse Vreemdelegioen, met soldate se wedervaringe in die magtige en kokende Sahara woestyn. Sy reeks genaamd, Sahara Avontuur reeks, is heelwaarskynlik bekend by almal wat al van sy stories gelees het. Pieter Haasbroek het sy inspirasie verkry vanaf die briljante skrywer se woestyn stories en toe besluit om ook stories te skryf wat in die Sahara woestyn afspeel, maar heelwat korter stories. Hierdie is dan sy eerste boek wat hy uitbring en dit bevat vyf kortverhale, saamgevat om een lekker leesboek daar te stel vir die wat nie genoeg kan kry van verhale vol aksie en intriges wat in die Sahara woestyn afspeel nie. Die boek bevat iets vir almal om te geniet, van oorlog met Arabiere, tot geheime tempels, groot skatte en verskeie raaisels wat opgelos moet word deur die karakters in die stories, om te kan oorleef of ontsnap... Saam met al die aksie wat vervat is in die stories is daar ook genoeg romanse tussendeur wat die leser se aandag vir ʼn wyle sal aflei van die gevaar waarin die karakters hulle soms bevind. Net wanneer jy dink die gevaar is verby, gebeur daar weer iets wat die held in ʼn nuwe verkorsing plaas waaruit hy moet kom. Met die skoner geslag wat elke keer betrokke is, is dit ook geen maklike taak nie en is dit saamwerk, vernuf, deursettingsvermoë en dink buite die gewone, om oplossings te kry om uit die penarie te kom. Die verhale poog om die leser deurentyd te laat dink wat volgende gaan of kan gebeur, maar dit is eers teen die einde van die storie wat die raaisels ontknoop word en dinge uitwerk vir die held van die storie en almal wat saam met hom betrokke is. Geniet dit!


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.