Sqrindle
Heks van die Sahara
Fiction & Literature

Heks van die Sahara

Summary

Hierdie Sahara reeks boeke (40 boeke) gaan oor Teuns Stegmann se avonture in the Sahara woestyn. Saam met sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen, ervaar hulle die een na die ander aksievolle, spannende en opwindende avonture.

Price

$9.79

Card

SAHARA AVONTUUR REEKS - HEKS VAN DIE SAHARA

Hierdie is die eerste storie in die Sahara Avontuur reeks, waar jy onder andere vir Teuns Stegmann, ’n Suid Afrikaner gaan ontmoet.

Die broer van Teuns Stegmann, se vegvliegtuig word afgeskiet oor die magtige Sahara woestyn deur ’n Duitse vlieënier, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Woestyn Arabiere neem hom toe gevange en maak hom dood voor hy kon ontsnap. Om die dood van sy broer te gaan wreek, verlaat Teuns sy pragtige wynplaas in die Hexvallei en gaan sluit hom aan by die Franse Vreemdelegioen. Sy lewensverhaal daar begin toe waar ’n manskap van die Vreemdelegioen ’n aanval deur Arabiere in die woestyn oorleef. Hy praat van ’n beeldskone wit vrou wat blykbaar die aanvoerder van die aanval op die Franse patrollie was.

Kolonel Le Clerq van fort Dini Salam besluit om dadelik iets daaraan te doen. Hy stuur toe sy getroue kaptein D’Arlan saam met tweehonderd man, waaronder Teuns en sy makkers val, om die sogenaamde wit heks se mag in die Atlasgebergte te gaan breek, voor sy te veel Franse bloed op haar hande het. Baie gou beland die patrollie egter in ernstige moeilikheid. Hulle word vasgekeer deur die Doelaks in die woestyn, sonder ’n druppel water om te drink. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hulle later in ’n radioaktiewe Uraanmyn gaan werk. Af en toe word van die manne daar gestuur na die “Berg van die Arende” toe. Gaan Teuns se vindingrykheid saam met D’Arlan, wat beskou word as die Houdini van die woestyn, hulle uit die penarie red? Lees gerus die opwindende verhaal en vind self uit.

  • Jack Smit
    2019-10-14

    Meiring Fouche is hier op sy allerbeste. Ek onthou die stories van my kinderdae af.