Sqrindle
Die Dubbelspel

Fiction & Literature

Die Dubbelspel

Summary

Gerrit Fourie alias “Die Profeet” is ’n lid van die Geheime Diens in Suid Afrika. In samewerking met kaptein Cornelis Brink van die Speurdiens, sorg hy vir die veiligheid van sy land en sy mense teen die aanslae van gewetenlose skurke.

Price

USD $4.99

Card

DIE PROFEET REEKS - DIE DUBBELSPEL

Net voor die Parlement se opening in Kaapstad, word ’n lid van die Geheime Diens wreedaardig in ’n openbare telefoonhokkie vermoor. Met sy laaste asem uiter hy drie woorde. Die vreemde moondheid wat ons land wou oorneem het egter nie rekening gehou met die Profeet nie! Slegs daardie drie woorde is die beginplek van “Die Profeet” se jag op ’n skurke-organisasie wat nie vir mens of duiwel ontsag het nie. In die Profeet se soektog, verskyn een van die grootste sakemanne in die land meteens in die ligkring en saam met hom sy dogter Kina. Verskrikking heers in die moederstad en die hele land se lot rus in die hande van ’n enkele onverskrokke jong Afrikaner, wat stuit vir niks en niemand nie. Ten spyte van die Polisie se bydrae en die doodsveragtende metodes van die mees geslepe spioene in die wêreld, poog die Profeet om weereens te seëvier en sy reputasie as die onfeilbaarheid van “Die Profeet” te handhaaf.

#DieProfeetReeks




  • Pieter Haasbroek
    31 Oct 2022

    Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks. Gerrit Lubbe van Zyl was baie lief vir sy Kaapse verhale en ook die Voortrekker era. Hy skryf meer as vyftien hardeband boeke en meer as sewentig sagteband boeke in sy loopbaan. Sy Oloff die Seerower reeks is tesame met sy Buiter reeks seker die twee bekendste reekse en is tans besig om weer ’n groot oplewing te maak, nou dat beide reekse weer deur meer as een uitgewery uitgegee word. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe breek hy bietjie weg van die land se geskiedenis en skryf hy ’n spioenasiereeks van ses boeke in hardeband. Enige Gerrie Radlof boek word vandag verslind en is sy ou boeke uiters skaars om in die hande te kry, vanweë die kwaliteit boeke wat hy geskryf het. Danksy veral vir e-boeke wat veel makliker en goedkoper is om uit te gee, maak dit moontlik vir Gerrie Radlof se boeke om na tientalle jare weer onder die aandag te kom van lesers wat hou van sy tipe stories. Gerrie Radlof se boeke was van die eerste tot die laaste een almal puik geskryf en kan jy dus nie verkeerd gaan met enige van sy boeke nie. Hy was ’n gebore skrywer wat die uitsonderlike talent gehad het, met nie net kreatiewe denke in sy stories nie, maar hy het ook die vermoë gehad om die geskiedenis op ’n unieke en verstaanbare manier uit te beeld in sy stories. Ek wonder hoeveel van die lesers wat bewus is van Gerrie Radlof se Buiter reeks of dit self gelees het, is ook bewus van sy puik spioenasiereeks? Die reeks se naam is Die Profeet en is ’n fantastiese spioenasiereeks van ses boeke. Hy het die top reeks egter onder die skuilnaam van Dirk Lubbe geskryf. In kort handel dit oor Gerrit Fourie alias “Die Profeet”. Hy is ’n lid van die Geheime Diens in Suid Afrika. In samewerking met kaptein Cornelis Brink van die Speurdiens, sorg hy vir die veiligheid van sy land en sy mense teen die aanslae van gewetenlose skurke. Daar is volop spioenasie-interaksies in elke boek, wat jou vasgenael sal hou tot jy die boek klaar gelees het.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.