Sqrindle
Lokval vir die Buiter

Fiction & Literature

Lokval vir die Buiter

Summary

Die Buiter, met ’n swart gewaad en masker oor sy gesig, op die rug van ’n swart hings, met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf.

Price

USD $9.90

Card

DIE BUITER REEKS - LOKVAL VIR DIE BUITER

Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status.

In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.

Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik.

In hierdie vierde Buiter verhaal reeks, word die Buiter se vindingrykheid tot die uiterste getoets deur die geslepenheid van die gewetenlose Arnoldt te Kruyght, asook deur die behendigheid van Michael Hohenlanz, die beste swaardvegter in die ganse Europa. En boonop is daar die aanvallige prinses Carla wat as lokaas kan dien. Nog ’n asemrowende Buiter verhaal vol verrassings en drama volg.

 #DieBuiterReeks




  • Pieter Haasbroek
    27 Sep 2021

    Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks. Een van die reekse wat vandag nog steeds hoog in aanvraag bly, is die alombekende Buiter reeks, soos geskryf deur Gerrie Radlof. Die reeks van nege e-boeke is Kaapse verhale op sy allerbeste en is volop aksie, spanning drama en selfs heerlike romanse kom ook in die gegewe reeks voor. Hier onder volg meer inligting rondom die populêre reeks, vir die van julle wat lief is vir Kaapse verhale wat in die vroeë 1800’s afspeel, toe die ou Kasteel en perde nog ’n integrale deel gevorm het van die samelewing in die Kaap en die omliggende omgewing. Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status. In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes. Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik. Beslis ’n reeks wat gelees moet word en elke leser vir altyd sal bybly.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.

Also by same author:

View All