Sqrindle
Die Skat van Simeon-eiland

Fiction & Literature

Die Skat van Simeon-eiland

Summary

Letterlik honderde seerowerskepe het om die eilande noord van Madagaskar gewemel. Verskeie seerowerryke is gestig, waar daar net een wet was wat gegeld het vir almal. Die sterke maak die swakke dood!

Price

USD $4.99

Card

JAAP ZEEMAN REEKS - DIE SKAT VAN SIMEON-EILAND

In hierdie heerlike seerower storieverhale ontmoet u vir kaptein Jaap Zeeman. Hy en sy gevolg beland in ʼn seerowernes wat bestaan het uit die wreedste en mees meedoënlose manne op aarde. Hierdie seerowers het absolute mag gehad in die seerowerryke langs die Kaapse Seeweg en honderde seerowerskepe het veral om die eilande noord van Madagaskar gewemel. Jaap moes daagliks waagstukke en heldedade aangaan en so die dood, dag na dag uit te tart, om sy lewe te behou. Alleen met roekelose dapperheid en weergalose vasberadenheid kon hy sy vryheid weer herwin. Die reeks bied ʼn interessante kykie in die lewe en die dood van die betrokke seerower era, waar geen genade betoon was nie en iets soos respek en eerbetoon vir ʼn ander selde bestaan het.

#JaapZeemanReeks




  • Pieter Haasbroek
    02 Nov 2022

    Frans Gericke is die skrywer van die Jaap Zeeman reeks, ’n voorganger van die meer alombekende Oloff die Seerower reeks deur Gerrie Radloff. Gerrie Radlof het seer sekerlik van sy inspirasie en idees gekry vir sy Oloff reeks vanaf die Jaap Zeeman boeke, wat lank voor sy eie reeks uitgegee was? So ver bekend is Frans Gericke se nege boeke in die reeks slegs een maal gepubliseer en dus uiters skaars, maar sy boeke is vol seerower aksie en sy skryfstyl ’n genot om te lees. Sy baie gewilde Wit Mamba reeks van vyftien boeke het byvoorbeeld die verbeelding van oud en jonk aangegryp wat die voorreg gehad het om dit te kon gelees het. Frans Gericke het ook meer as tien enkel riller boeke geskryf, wat jou heel waarskynlik nagmerries sal gee na jy dit gelees het. Letterlik honderde seerowerskepe het om die eilande noord van Madagaskar gewemel. Verskeie seerowerryke is gestig, waar daar net een wet was wat gegeld het vir almal. Die sterke maak die swakke dood! In hierdie heerlike seerower stories ontmoet u vir kaptein Jaap Zeeman. Hy en sy gevolg beland in ʼn seerowernes wat bestaan het uit die wreedste en mees meedoënlose manne op aarde. Hierdie seerowers het absolute mag gehad in die seerowerryke langs die Kaapse Seeweg. Honderde seerowerskepe het veral om die eilande noord van Madagaskar gewemel. Jaap moes daagliks waagstukke en heldedade aangaan en so die dood, dag na dag uittart, om sy lewe te behou. Alleen met roekelose dapperheid en weergalose vasberadenheid kon hy sy vryheid weer herwin. Die reeks bied ʼn interessante kykie in die lewe en die dood van die betrokke seerower era, waar geen genade betoon was nie en iets soos respek en eerbetoon vir ʼn ander selde bestaan het. ʼn Puik reeks om te lees.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.