Sqrindle
Die Slange van Tumara

Fiction & Literature

Die Slange van Tumara

Summary

Nog ’n boeiende speurverhaal van ’n konstabel se wedervaringe in Suid Afrika, om uiters gevaarlike skurke se bedrywighede aan die kaak te stel. Hierdie storie is propvol aksie en spanning en gaan jy dit beslis geniet tot jy dit klaar gelees het.

Price

USD $4.99

Card

SA POLISIE REEKS - DIE SLANGE VAN TUMARA

Die SA Polisie reeks handel oor ’n konstabel met die naam van Kobus Roode. Hy is ’n sterk geboude man met bruin hare wat altyd kort gesny is, sodat dit soos ’n borselkop vertoon. Sy verhaal begin as student toe hy en twee van sy beste vriende in die Drakensberge gaan kamp het. Daar ontbloot hulle ’n geheime wapenarsenaal en wapenfabriek wat diep onder die aarde versteek is. In die proses sterf Kobus se twee vriende, maar Kobus kry dit reg om die skurke aan te keer en so die organisasie se onwettige bedrywighede tot stilstand te bring. Hierdie gebeure het so groot impak op Kobus se lewe gemaak dat hy daar en dan besluit het om homself voortaan te beywer om ’n konstabel te word.

Kobus se loopbaan maak vinnig opgang en hy los die een groot internasionale saak na die ander op. Hy kry te doen met ontvoerders, moordenaars, diere smokkelaars, dagga smokkelaars en vele meer. Meeste van die tyd begewe hy hom in Natal, maar met tye word hy ook verplaas na Pretoria en Johannesburg, om sake daar te gaan oplos wat ander voor hom nie kon oplos nie. Menigmaal weier Kobus bevordering, wat beteken dat hy kantoor werk sal moet doen, want daar is vir hom niks lekkerder as om in die natuur te werk, op die rug van ’n perd nie. Juis hierdie liefde van hom maak dat hy op geheime plekke van skurke uitkom en hulle so daar verras en ontbloot.

Die laaste paar boeke in die reeks handel oor verskillende konstabels se ervarings in Suid Afrika. Daar is konstabel Ryk Schutte se wedervaringe in Suidwes, konstabel Jurie Slabbert se drama in die Karoo, konstabels Reinhardt Fouche in Suidwes, Buks Senekal in die Kalahari, Henk van Reenen in die Sederberg en konstabel Kobus van Deventer se noue ontkoming in die Namib woestyn. Elk van hierdie stories is vol aksie, drama, spanning en ook so bietjie romanse tussendeur. Elke uitstekend geskryfde speurverhaal boei mens behoorlik van begin tot einde en die stories bly jou by, lank nadat jy dit klaar gelees het.

#SAPolisieReeks




  • Pieter Haasbroek
    01 Nov 2022

    Braam le Roux is die skuilnaam van Abraham le Roux (28/8/1918 - 31/12/1956) het feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam van Braam le Roux geskryf. Hy is egter tragies oorlede op ’n jong ouderdom van 38 jaar. Braam le Roux se uiters populêre Swart Luiperd reeks is ongetwyfeld sy bekendste reeks wat hy geskryf het. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux is Meiring Fouche genader om die Swart Luiperd reeks oor te neem en dit voltooi, weens die gewildheid van die reeks toe dit die eerste maal verskyn het. Die reeks eindig toe met sewentig boeke. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf, onder ander nog gewilde reekse, soos bv. die Temmers van die Woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer Speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste Afrikaanse storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as ’n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (almal skuilname), wie dit egter ’n leeftyd geneem het om ook meer as ’n honderd boeke te kon skryf. Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gestaan het as die grootste Afrikaanse storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Meiring Fouche is die skuilnaam van Francois Alwyn Venter (27/11//1916 - 8/1/1997) en is een van Suid Afrika se top skrywers wat oor ’n wye reeks van onderwerpe kon skryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Na die vroeë dood van Braam le Roux, neem F.A. Venter die bekende Swart Luiperd reeks oor by Braam le Roux en voltooi die reeks van sewentig boeke. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy ook verskeie ander reekse (Baanbrekers reeks, Ryk Schoonraad reeks, Maagd van die See reeks en Fabel Retief reeks), waarvan die Sahara avontuur reeks seker een van sy heel beste reekse is. Hy het ook verskeie ander boeke geskryf, in reekse soos die SA Polisie reeks, terwyl ’n paar losstaande sagteband boeke ook uit sy pen verskyn het. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke. F.A. Venter het ook verskeie kortverhale geskryf. Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks. Bostaande drie skrywers het almal bygedra aan die SA Polisie reeks van vier-en-twintig verhale, waarvan Braam le Roux die meeste stories in die reeks geskryf het, naamlik twaalf, Meiring Fouche het ses geskryf en Gerrie Radlof het ook ses stories in die reeks geskryf. In kort handel die SA Polisie reeks oor ’n konstabel met die naam van Kobus Roode. Hy is ’n sterk geboude man met bruin hare wat altyd kort gesny is, sodat dit soos ’n borselkop vertoon. Sy verhaal begin as student toe hy en twee van sy beste vriende in die Drakensberge gaan kamp het. Daar ontbloot hulle ’n geheime wapenarsenaal en wapenfabriek wat diep onder die aarde versteek is. In die proses sterf Kobus se twee vriende, maar Kobus kry dit reg om die skurke aan te keer en so die organisasie se onwettige bedrywighede tot stilstand te bring. Hierdie gebeure het so groot impak op Kobus se lewe gemaak dat hy daar en dan besluit het om homself voortaan te beywer om ’n konstabel te word. Kobus se loopbaan maak vinnig opgang en hy los die een groot internasionale saak na die ander op. Hy kry te doen met ontvoerders, moordenaars, diere smokkelaars, dagga smokkelaars en vele meer. Meeste van die tyd begewe hy hom in Natal, maar met tye word hy ook verplaas na Pretoria en Johannesburg, om sake daar te gaan oplos wat ander voor hom nie kon oplos nie. Menigmaal weier Kobus bevordering, want dit sal beteken dat hy kantoorwerk sal moet doen. Daar is vir hom niks lekkerder as om in die natuur te werk, op die rug van ’n perd nie. Juis hierdie liefde van hom maak dat hy op geheime plekke van skurke uitkom en hulle so daar verras en ontbloot. Die laaste paar boeke in die reeks handel oor verskillende konstabels se ervarings in Suid Afrika. Daar is konstabel Ryk Schutte se wedervaringe in Suidwes, konstabel Jurie Slabbert se drama in die Karoo, konstabels Reinhardt Fouche in Suidwes, Buks Senekal in die Kalahari, Henk van Reenen in die Sederberg en konstabel Kobus van Deventer se noue ontkoming in die Namib woestyn. Elk van hierdie stories is vol aksie, drama, spanning en ook so bietjie romanse tussendeur. Elke uitstekend geskryfde speurverhaal boei mens behoorlik van begin tot einde en die stories bly jou by, lank nadat jy dit klaar gelees het.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.