Sqrindle
Kapers op die Kim

Fiction & Literature

Kapers op die Kim

Summary

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

Price

USD $4.99

Card

OLOFF DIE SEEROWER REEKS - KAPERS OP DIE KIM

Oloff die Seerower is ʼn reeks seerower verhale op sy allerbeste en geskryf deur een van Suid Afrika se meester skrywers van toeka, naamlik Gerrie Radlof. Dit handel kortliks oor Oloff van Wagenaar se vader wat deur 'n seerower met die naam van Ben van Osse doodgeskiet word. Kort tevore het hy vir sy seun in Holland geskryf om vir hom te kom kuier in die Kaap. Omrede Oloff van Wagenaar ook rooi hare en blou oë het en op 'n haar na soos Ben van Osse lyk, word hy van moord op sy vader verdink, want die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap reken sy ma het hom opgesteek om dit te doen, omdat sy vader haar in Holland verlaat het. En net daar begin die verhaal van Oloff, om nie net sy onskuld as voortvlugtige te probeer bewys nie, maar neem hy ook 'n eed dat hy nie sal rus voor hy nie die waterweë van die Ooste bevry het van die seerower euwel nie.

Hy doen hom voor as een van die berugte seerowers van die ooste, om so toegelaat te word tot die seerowers se nes in Deelenbaai en in die proses kom hy binne bereik van sy vyand se doen en late. Mettertyd skaf hy vir hom twee pragskepe aan, wat se gelyke nie bestaan nie en bevry hy slawe wat as bemanning op sy twee skepe dien. Oloff is die kaptein van die skip Die Seewraak en Henning Roux, sy direk ondergeskikte, die kaptein van sy ander skip, Die Jansje Meer. Heem Beyers en Sias Myburgh is onderskeidelik die twee kanonniers op die twee skepe. Die vier van hulle is groot vriende en saam durf hulle die berugte seerower kapteins van die Ooste aan, in die een spanningsvolle verhaal na die volgende. In een verhaal red Oloff vir Rynette du Bois uit die hande van seerowers en om sake bietjie te bemoeilik is daar ook nog 'n ander beeldskone nooi van die Kaap, met die naam van Anna te Hoogen, wat beide om sy hand meeding. Die verhale speel regoor die wêreld af en is propvol aksie, avontuur, drama en spanning.

#oloffdieseerowerstories




  • Pieter Haasbroek
    31 Oct 2022

    Gerrie Radlof is seer sekerlik een van Suid Afrika se beste Afrikaanse skrywers wat ooit gelewe het. Sy alombekende Buiter reeks van nege boeke het is goed bekend by oud en jonk wat lief is vir Kaapse verhale en word nou weer in e-boek sowel as boek formaat vrygestel. Gerrie Radlof was betrokke by ’n hele aantal reekse, maar die reeks wat seker die bekendste is van almal is, is sy uiters gewilde Oloff die Seerower reeks van 24 boeke. Hierdie reeks gaan oor die seerower era toe seilskepe nog die oseane getem het en seerowers om amper elke hoek en draai op loer gelê het vir hul prooi. Oloff van Wagenaar het dit sy lewenstaak gemaak om die see te bevry van die euwel en saam met sy getroue vriende en twee pragskepe, ervaar hulle skermutselings op see en land, waar die een met die skerpste brein en beste voorbereid was, gewoonlik die botoon gevoer het. Die reeks is lank genoeg sodat die leser nie net die gegewe seerower era kan ervaar in sy totaliteit nie, maar daar is meer as genoeg aksie, romanse, spanning, drama en ander verwikkelinge in elke storie wat die leser aangryp en nie laat los voor die storie nie eers klaar gelees is nie. Volgens my is die reeks briljant geskryf en iedereen wat hou van die tydperk in die wêreld se geskiedenis sal die stories meer as geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.