Sqrindle
Pad na Kalif
Adult, Romance & Erotica

Pad na Kalif

Summary

Met haar helder groen oë en haar lang, rooi en krullerige hare, het sy dadelik die aandag getrek van die geheimsinnige, donkergeklede Toeareg, El Khobar. Kort daarna het sy haar in ’n swart tent in die woestyn en in die bed van hierdie man bevind.

Price

$9.79

Card

PAD NA KALIF

Die blouswart, fluweelagtige, sterbesprinkelde naghemel bo die uitgestrekte Sahara woestyn, het die hart
en emosies van die pragtige, Azara Millar, opnuut aangegryp. Tussen die aaneenlopende sandduine staan die
swart tente onderaan die voet van die magtige Hoggarberge. Die vure, wat reeds soos altyd in die
laatmiddag aangesteek word, brand hoog en lustig. Hartseer klanke word opgetower uit tradisionele
musiekinstrumente. Dit is die wêreld van die Nomade, die Toearegs en El Khobar. 'n Prins onder die Prinse vir sy volgelinge, die woestyn bewoners, het sy bruid gekies. Azara het egter op hom neergesien en wou so gou as moontlik terug in Engeland kom...

  • Liesel le Roux
    2019-10-14

    Net die boek om te lees vir die wat hou van romanse, aksie en avontuur wat afspeel in die Sahara woestyn. Die boek het my geboei van begin tot einde. Sien uit na nog meer van die betrokke skrywer.