Sqrindle
Goudstad van Skeba

Fiction & Literature

Goudstad van Skeba

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - GOUDSTAD VAN SKEBA

In hierdie eerste verhaal maak u kennis met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk.  Gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

 In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van ’n volkekunde professor, sy dogter, ’n man en sy vrou en ’n student, wat in die hande val van Basan, ’n wrede en genadelose diktator.  Basan is ’n hoëpriester wat gemuit het uit die Vallei van Skeba.  Hy het sy eie ryk gestig en droom daagliks daarvan om die Koningin van Skeba se Vallei en stad weer binne te val en oor te neem.

 In die Valk se strewe om die volkekundiges uit Basan se hande te red, moet hy ’n woeste storm oorleef, ontsnap van die mensvreters Wasari-stam wat hom gevange geneem het, met gevaarlike bobbejaanmannetjies buite en binne ’n arena veg, teen steil kranse afseil en Die koningin van Skeba help om Basan se mag finaal te breek.  In die proses moet die Valk gedurig deur veg vir oorlewing en aan volop aksie ontbreek die verhaal dus geensins.

 Gaan die Valk betyds wees die professor se dogter te red van ’n brandstapel, voor sy geoffer word?  Lees gerus die verhaal en vind self uit.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    14 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.