Sqrindle
Die Mensvreters van Tsawo

Fiction & Literature

Die Mensvreters van Tsawo

Summary

'n Kluisenaar ontdek die "Stad van Juwele" wat bewaak word deur reuse mensvreters. 'n Klomp fortuinsoekers kom toevallig ook te hore daarvan en doen alles in hul vermoë om die stad van juwele te bereik, om al die skatte net vir hulle self op te eis.

Price

USD $6.99

Card

DIE SWART LUIPERD REEKS - DIE MENSVRETERS VAN TSAWO

Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad bewaak en die mensvreters van Tsawo genoem word.

Sy seun Paul maak dit toe sy lewenstaak om na die legendariese stad te gaan soek en vind dit toe ook twintig jaar later. Hy probeer dit streng geheim hou, maar ’n klomp fortuinsoekers kom wel daarvan te hore en is toe dadelik op sy spoor. Die Swart Luiperd, sy oom en sy dogter word in die kluisenaar se vertroue geneem om hom te help om na die stad van juwele te gaan. Die skurke is kort op hulle hakke en doen alles in hulle vermoë om van die Swart Luiperd ontslae te raak. Hulle kry dit later reg om vir Sonet en die kluisenaar te ontvoer en die keer is dit die Swart Luiperd wat hulle weer meedoënloos agtervolg.

Toe hulle by die stad van juwele uitkom, word hulle skoon oorweldig deur al die skatte wat hulle waarneem. Hulle slu plan is om die beeldskone Sonet te gebruik en haar as bruid vir die koning aan te bied, in ruil vir baie van die skatte. Hulle het egter nie heeltemal rekening gehou met die vernuf van die Swart Luiperd, wat hulle gereken het hulle vroeër doodgemaak het nie. Saam met sy twee mak luiperds en Donker sy perd, het hulle so verassing of twee vir die skurke.

#swartluiperdstories




  • Pieter Haasbroek
    30 Oct 2019

    Braam le Roux (Abraham le Roux Botha) en Meiring Fouche (F.A. Venter) is die skrywers van die betrokke reeks. Abraham le Roux Botha (28/8/1918 - 31/12/1956) hy feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam van Braam le Roux geskryf. Hy is egter tragies oorlede op ’n jong ouderdom van 38 jaar. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux is Meiring Fouche genader om die reeks oor te neem en dit voltooi weens die gewildheid van die reeks toe dit die eerste maal verskyn het. Die reeks eindig toe met sewentig boeke. Toe die Swart Luiperd reeks gedurende die vroeë vyftiger jare die eerste maal uitgegee was, het dit so goed verkoop, veral onder die jong mense, dat die uitgewers die betrokke reeks meer as vyf maal uitgegee het in minder as tien jaar. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf, in ander ook baie gewilde reekse, soos bv. die Temmers van die Woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer Speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste Afrikaanse storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as ’n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (almal skuilname), wie dit egter ’n leeftyd geneem het om ook meer as ’n honderd boeke te kon skryf. Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gestaan het as die grootste Afrikaanse storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Beide Braam le Roux en Meiring Fouche is bekend as skrywers wat spanning en aksie hooggety kan laat vier en die betrokke Swart Luiperd reeks is geen uitsondering nie. Elke boek is ʼn uitstekende aksie-avontuur verhaal wat afspeel, hoofsaaklik in woude en vlaktes oral oor Afrika, maar ook op ander dele regoor die wêreld. Die hoof karakters is Leon Fouche, alias Die Swart Luiperd, sy vrou Sonet, Bennie hulle seun (eers later in die reeks), Donker sy perd en Simson en Spikkels, twee luiperds. Interessant is dat die luiperds in van die boekies as jagluiperds aangedui word en in ander weer as luiperds. Die algemene mening is dat dit luiperds was en nie jagluiperds nie, omrede jagluiperds in baie van die situasies waarin hulle beland het, nie die mas sou opgekom het nie. In meeste van die verhale reis die Swart Luiperd saam met sy perd en twee luiperds kruis en dwars oor die wêreld op soek na aksie en avontuur. Die Swart Luiperd is egter gekant teen vuurwapens en is dus net gewapen met ’n jagmes en pyl en boog. Verder kan hy ook soos ’n tipiese Tarzan van ouds vinnig deur die oerwoud beweeg, deur te swaai van tak tot tak aan bobbejaantoue. Die Swart Luiperd kry te doen met onder andere geheime beskawings, genadelose diere smokkelaars, obsessiewe gouddiewe, roekelose veediewe, skrikwekkende oerdiere, allerhande vreemde stamme en nog vele meer. Die betrokke reeks is vandag nog steeds hoog in aanvraag by alle ouderdomme, alhoewel minder mense vandag seker bewus is van die reeks wat tientalle jare gelede so uiters populêr was. Die aksie, spanning en avontuur in elke storie is deurgaans en maak die betrokke reeks iets besonders wat jou altyd sal bybly en soms laat wens jy was daar saam met die Swart Luiperd in sy soektog na nuwe avonture in die digte woude, bergagtige dele en plat vlaktes van Afrika.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.