Sqrindle
Gemaskerde Moordenaars

Fiction & Literature

Gemaskerde Moordenaars

Summary

Na die dood van sy Vader wat Leon gewreek het, het die avontuurlus wat sy Vader by hom aangekweek het as kind, hom beetgepak en het hy besluit om die woude van Afrika te gaan aandurf, gewapen met net sy perd, twee mak luiperds, pyl en boog en 'n mes.

Price

USD $6.99

Card

DIE SWART LUIPERD REEKS -  GEMASKERDE MOORDENAARS

Leon moes vroeg al leer om ’n sak mielies op sy skouer te gooi en daarmee wa toe te stap. Skaars was hy veertien jaar oud toe hy al ’n pyl en boog so knaphandig hanteer het, dat enige Boesman se mond daarvan sou water. Omdat hy die enigste seun en kind van sy ouers was, het hy sy vermaaklikheid in die veld gevind, waar hy tierboskatte gejag het en luiperds onder die pyl gesteek het. Sy hande het al vroeg geleer om ’n jong os se horings so te draai, dat die dier magteloos op die grond neerslaan.

Leon se moeder is vroeg dood, net voor die Eerste Vryheidsoorlog, toe die Basoetoes ’n aanval op ’n paar afgeleë plase gedoen het. Van toe af het Leon se vader avontuursoeker geword. Saam het hulle die onbekende ingetrek, altyd dieper die onbekende Transvaal in. En Lettie? Leon en sy het saam grootgeword. Haar ouers is albei deur die Basoetoes vermoor en Leon se vader het hom toe oor haar ontferm. Lettie met haar sagte, golwende, blonde hare en blou oë, blou soos die wolklose hemel van die Laeveld. En nou is sy al ’n rooiwang-boerenooi van sestien jaar.

’n Paar beesdiewe steel een aand al Leon-hulle se beeste, vermoor sy pa en ontvoer vir Lettie in die proses. Leon sweer wraak op die moordenaars en beesdiewe. Met ’n luiperd wat hy moes doodmaak vir oorlewing, maak hy toe vir hom ’n masker daarvan en so word die legend gebore van die Swart Luiperd. Die Luiperdman se voorkoms skrik enigeen af wat dit sien en gebruik Leon dit baie handig om vrees en gesag by die diewe in te boesem. Maar maklik was dit geensins nie en moes Leon eers sekere ontberings deurgaan om reg en geregtigheid te laat geskiet.

#swartluiperdstories




  • Pieter Haasbroek
    20 Oct 2019

    Braam le Roux (Abraham le Roux Botha) en Meiring Fouche (F.A. Venter) is die skrywers van die betrokke reeks. Abraham le Roux Botha (28/8/1918 - 31/12/1956) hy feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam van Braam le Roux geskryf. Hy is egter tragies oorlede op ’n jong ouderdom van 38 jaar. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux is Meiring Fouche genader om die reeks oor te neem en dit voltooi weens die gewildheid van die reeks toe dit die eerste maal verskyn het. Die reeks eindig toe met sewentig boeke. Toe die Swart Luiperd reeks gedurende die vroeë vyftiger jare die eerste maal uitgegee was, het dit so goed verkoop, veral onder die jong mense, dat die uitgewers die betrokke reeks meer as vyf maal uitgegee het in minder as tien jaar. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf, in ander ook baie gewilde reekse, soos bv. die Temmers van die Woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer Speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste Afrikaanse storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as ’n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (almal skuilname), wie dit egter ’n leeftyd geneem het om ook meer as ’n honderd boeke te kon skryf. Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gestaan het as die grootste Afrikaanse storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Beide Braam le Roux en Meiring Fouche is bekend as skrywers wat spanning en aksie hooggety kan laat vier en die betrokke Swart Luiperd reeks is geen uitsondering nie. Elke boek is ʼn uitstekende aksie-avontuur verhaal wat afspeel, hoofsaaklik in woude en vlaktes oral oor Afrika, maar ook op ander dele regoor die wêreld. Die hoof karakters is Leon Fouche, alias Die Swart Luiperd, sy vrou Sonet, Bennie hulle seun (eers later in die reeks), Donker sy perd en Simson en Spikkels, twee luiperds. Interessant is dat die luiperds in van die boekies as jagluiperds aangedui word en in ander weer as luiperds. Die algemene mening is dat dit luiperds was en nie jagluiperds nie, omrede jagluiperds in baie van die situasies waarin hulle beland het, nie die mas sou opgekom het nie. In meeste van die verhale reis die Swart Luiperd saam met sy perd en twee luiperds kruis en dwars oor die wêreld op soek na aksie en avontuur. Die Swart Luiperd is egter gekant teen vuurwapens en is dus net gewapen met ’n jagmes en pyl en boog. Verder kan hy ook soos ’n tipiese Tarzan van ouds vinnig deur die oerwoud beweeg, deur te swaai van tak tot tak aan bobbejaantoue. Die Swart Luiperd kry te doen met onder andere geheime beskawings, genadelose diere smokkelaars, obsessiewe gouddiewe, roekelose veediewe, skrikwekkende oerdiere, allerhande vreemde stamme en nog vele meer. Die betrokke reeks is vandag nog steeds hoog in aanvraag by alle ouderdomme, alhoewel minder mense vandag seker bewus is van die reeks wat tientalle jare gelede so uiters populêr was. Die aksie, spanning en avontuur in elke storie is deurgaans en maak die betrokke reeks iets besonders wat jou altyd sal bybly en soms laat wens jy was daar saam met die Swart Luiperd in sy soektog na nuwe avonture in die digte woude, bergagtige dele en plat vlaktes van Afrika.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.