Sqrindle
Tamar en die Indringers

Fiction & Literature

Tamar en die Indringers

Summary

Met slegs 'n jagmes asook 'n pyl en boog, regeer Tamar die verlore koninkryk van oermense in 'n ou vulkaan in die hartjie van die Kongo. Dan bots die spreekwoordelike Tarzan van die oerwoud met spioene wat 'n geheime basis naby sy vesting wil oprig.

Price

USD $6.99

Card

TAMAR REEKS - TAMAR EN DIE INDRINGERS

Twee safari’s, een van die noorde en een van die weste bring oornag in Tamar se vreedsame koninkryk, agterdog en spanning. Vir die tweede keer bots hy met die beskawing en voel sy hartsnare eienaardig geraak deur ’n beeldskone meisie, Tina, wat met haar vader en vriend die oerwoud binne gedring het...

#TamarVanDieWoud




  • Pieter Haasbroek
    17 Oct 2019

    Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 - 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks. Min lesers wat al van Gerrie Radlof se boeke gelees het, weet van of ken sy twee Tamar boeke wat hy geskryf het, naamlik, “Tamar van die Woud” en die opvolg daarvan, “Tamar en die Indringers”. Tamar is die heerser van oermense in ’n verlore koninkrykie, in die hartjie van die Kongo. Hy en sy mense woon vreedsaam daar in ’n ou vulkaniese krater. Tamar is egter ’n gewone hedendaagse mens en bewapen met slegs ’n jagmes en pyl en boog. Vergesel van twee reuse arende, wat hy self mak gemaak het, deurkruis hy soms die oerwoud soos ’n regte Tarzan, om uitlating te kry vir sy avontuurlus. Wanneer skurke van buite sy koninkryk met hom slaags raak, laat dit skielik baie vrae by hom opkom oor sy herkoms. ’n Beeldskone vrouespioen laat hom ook sekere gewaarwordinge ervaar wat hy nog nooit voorheen gekry het nie. In sy stryd om sy mense te beskerm teen die aanslae van buite af, wat dreig om hulle almal te vernietig, moet Tamar sekere keuses maak in sy lewe. Dit het die gevolg dat hy gedwing word om daadwerklik en deeglik onderskeid te maak tussen goeie en slegte mense en dit verander sy lewensuitkyk en aksies daarvolgens onherroeplik. As jy hou van bobaas aksie en avontuur in die hartjie van ’n digte woud, met ’n soort van Tarzan figuur wat daar koning kraai, dan is hierdie twee uitstekende stories net vir jou.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.